Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

Albert de Wet

1.jpg
Met ‘n pen in die hand en met passie in die hart, is daar geen einde aan die talente van Albert de Wet nie. Hy’s nie ‘n nuwe naam in die musiek bedryf nie en op 20 jarige ouderdom, het Albert de Wet ‘n musikale tsunami veroorsaak met sy debuut-album. Ses jaar later en Albert is gereed om sy vierde lang verwagte Afrikaanse album vry te stel.

Terwyl dit liedjies was soos Lyf, Within Walls en Wat Het Gebeur by Aliwal-Noord wat vir hom baie deure oopgemaak het, oortref die nuwe album alle verwagtinge van hierdie jong kunstenaar. Dis ‘n tentoonstelling van sy musikaliteit en manier van skryf.

Bang vir die Donker - soos sy vorige albums - is propvol met 12 oorspronklike snitte uit die pen van hierdie talentvolle skrywer, sanger en musikant. Die titelsnit vertoon sy unieke alternatiewe akoestiese pop-rock styl en het alreeds sukses gekry op verskillende radio stasies.

Die album spog met ‘n paar juwele. Daar’s die opbeurende liedjies soos Alles en Meer, My Baby Blue en Die Lang Wag Werd; die hulde aan die Afrikaanse taal, Afrikaans; maar die liedjies wat die meeste uitstaan op hierdie album is die liefdes liedjies soos Die Een Vir My, Ons Troumars en Jou Oё.
Die album word opegeneem in twee van ons land se beste studios deur Murray Lubbe en Paul Mc Iver.

Die Pretorianer het ligte musiek by die Tshwane Universiteit van Tegnologie studier en het al uitstekend in verskeie
kompetisies gevaar, onder andere; SAMA Toekennings (finalis), Vonk Toekennings wenner, Geraas Musiek Toekennings finalis
(2005) en die Africa Vision Song Contest finalis.

Hy spog met ‘n string krediete agter sy naam. Met vyf albums, een DVD, liedjies op verskeie kompilasies, komposiesies vir
ander kunstenaars, daar is geen einde vir Albert de Wet se talente nie.
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline