Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

Anel

125.jpg
Die Afrikaanse musiekmark het ten einde laaste 'n volwaardige nuwe vroulike kunstenaar: Anél. Hierdie stelling word nie ligtelik gemaak nie. Anél se nuutste album, bietjie meer as soen, plaas hierdie pragtige jong vrou beslis onder die top mededingers in 'n sekulêre mark wat maar gehinke-pink het om aan 'n soortgelyke standaard van enkele toonaangewende vroulike sangers op te lewer.

Bietjie meer as soen bestaan uit 14 nommers en daar is nie een wat teleurstel nie. Dit alleen sê al iets aangesien dit uiters raar is om 'n ware deurluister album te ontdek.

Daar bestaan geen twyfel dat sy elke luisteraar sal oorrompel met haar fenomenale stemvernuf nie. Op die goeddeurdagte, poëtiese en suiwer genotvolle Afrikaanse nommers, uit die briljante pen van Gerhard Steyn, is haar vertolking ongekende moedertaal plesier. Sonder digters woorde is aangrypend en meesleurend en stel haar baie besonderse skeppingsvermoë briljant ten toon. Die titelsnit, Bietjie meer as soen, is 'n perfekte kombinasie van briljante liriek en vernuftige stem tegniek. Voeg daarby die lekker polsende ritme van Wag 'n bietjie Baby, en 'n super nova glim op die horison.

Op die Engelse nommers oortuig sy met gemak dat sy inderdaad oor 'n stewige en uitgebreide stemkwaliteit beskik. Luister gerus na Man I feel like a woman en Don't be stupid om hierdie stelling te toets ...

Anél is tans in Pretoria gevestig, maar oorspronklik van die Rosestad afkomstig, en skitter met 'n unieke eiesoortigheid en bars behoorlik van lewenslus. Met haar kastaiingbruin oë en lieflike glimlag is sy boonop nog pragtig ook. Nie alleen is haar CD 'n wegholwenner nie (sy geniet tans lugtyd op radiostasies regoor die land) - haar lewendige optredes oorrompel en verlei die gehoor sodat hulle keer op keer vra vir meer. Hierdie oud Bloemfonteiner, wie se naam afkomstig is van die Hawaiiese naam Anéla wat "engel" beteken, het die vermoë om 'n wye verskeidenheid emosies met haar stem te vertolk en sy doen dit met intuïsie, intelligensie, sensualiteit en kreatiwiteit. Sy is terselfdertyd gesofistikeerd, speels en sterk op 'n uiters vroulike manier. Sy maak die binnekamers van haar hart wyd oop en gee van haar talent met oorgawe.

Hierdie CD is soos somerweer: Daar is die liedjies wat soos 'n helder oggend is, goed opgevolg deur warm vroegmiddae en dan die heerlike stortbui om 'n perfekte dag af te sluit. Anél slaag daarin om elke liedjie met die regte atmosfeer te vertolk: Soms broos, ander kere sterk en dan weer ondeund wanneer nodig.

Die waarheid is dat Anél 'n mens asemloos van bewondering laat. Sy is die kroonjuweel in die nuwe generasie vroulike sterre. Sy gaan nog diep spore trap.
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Telephone
0832369704

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline