Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

DSG

148.jpg
DSG BIOGRAFIE


Naam: DSG (Deur Sy Genade)

Album: ‘Hier en Nou’

Datum van vrystelling: 06.08.2012


‘Dit gaan oor vandag, hier en nou kies Jesus om vir my ‘n keuse te gee van ‘n lewe elke dag saam met Hom. Al beteken dit nie die lewe gaan altyd maklik wees nie, gryp ek Sy hande wat my gered het, hardloop met Sy Naam, want in Hom is ek vir altyd vry.
Jesus is hier en nou.’


DSG is ‘n ‘band’ van die NGK Welgelegen se jeugbeweging, NeoGen: Kerk vir ‘n nuwe generasie. Hierdie jeugbeweging het begin aan die einde van 2005, toe Bettie Strauss, die jeugleier op daardie stadium, vir Steyn Strauss en Sybrand Strauss genader het om ‘n nuwe praise & worship ‘band’ te begin.

Die idee is hieruit gebore om vars, oorspronklike, relevante, Afrikaanse, christelike musiek te skryf en sodoende te beweeg na ‘n oorspronklike klank.


2006
Dit is gedurende hierdie tyd wat Sybrand Strauss, leier van DSG, begin het om te skryf oor sy pad saam met Jesus. Hy het ook saam met ander skrywers begin werk, naamlik Amore Strauss en Emmerentia van den Hoven en het sodoende gesorg dat diversiteit hoorbaar is in die liedjies.

Vanaf 2006, het DSG gegroei na ‘n ‘band’ van 8 lede. Alhoewel Sybrand Strauss die leier is van DSG, is daar verskeie lede wat betrokke is by die produksie van die liedjies om te sorg vir ‘n vars klank.


2006 - 2011
DSG lei sondae praise & worship by NGK Welgelegen en die liedjies word dus gereëld gesing deur die jeug. DSG was ook bevoorreg om te kon speel op die aandfees verhoog van die eerste Jonk Live fees wat in 2008 in Pretoria plaasgevind het.


2010
Vanuit die oorspronklike liedjies het die visie gekom om hierdie passie en pad saam met Jesus te deel met mense regoor Suid-Afrika, mense van enige ouderdom. DSG het dus al gereëld by ander jeuggroepe gespeel. DSG is dus nie ‘n praise en worship ‘band’ nie, maar ‘n groep wat sing oor hulle lewe saam met Jesus.


2011
Die eerste doel wat DSG bereik het, was om ‘n CD te ‘record’ om sodoende ‘n platform te skep waar hierdie liedjies ten toon gestel kan word. Die CD is opgeneem by Sunset Recording Studios in Stellenbosch. Die rede vir ‘n opname is dat ons glo Jesus kan DSG gebruik om mense nader aan Hom te bring.

Die missie is om die album te versprei regoor Suid-Afrika en selfs buite Suid-Afrika daar waar dit nodig is.

2012
DSG ‘launch’ dus hulle eerste album, ‘Hier en Nou’ landswyd op 6 Augustus 2012.

DSG stel hulle eerste musiekvideo vry – ‘Die Vrede In My Hart ’


‘Ons is nou besig om elke dag ‘n keuse te maak om Jesus te volg en alles aan Hom oor te gee. Ons het ‘n boodskap om te deel met dié wat wil luister.’


Kontakbesonderhede

Bridgette Erdey: 076 053 9252 / bridgette@brettian.com

Sybrand Strauss: 083 707 9725 / syb.strauss@gmail.com

Dietmar le Roux: 082 828 3629 / dleroux0@gmail.com

www.facebook.co
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Telephone
0214020352

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline