Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

ADAM

Adam is steeds op koers.

Daar is opwindende dinge aan die gebeur by ADAM. In Januarie vanjaar het Kyle Grant by die groep aangesluit en dadelik by die ritme van ADAM aangepas. Die drie manne, Reynardt Hugo, Hugo Ludik en Kyle het sommer groot planne om ADAM vanjaar tot nog hoër hoogtes te neem. Hierdie groep wat nou amper vier jaar bedrywig is, het reeds in 2011 gewys dat die mark honger is vir ’n groep van hulle kaliber toe hulle ’n Ghoema Toekenning gewen het as Beste Nuweling.
Hugo Ludik sê die groepsdinamika is van besondere belang en hulle voel sommer baie tevrede met die keuse van Kyle as die nuwe lid. Toe hy ’n paar jaar gelede begin speel het met die idee van ’n nuwe groep wat uit drie mansstemme bestaan, het hy vir Reynardt nader gehark en toe het die soektog na ’n derde lid begin. Een van die musikante wat hulle genader het om deel van die groep te word, was juis vir Kyle. Hugo het ’n paar jaar vantevore saam met Kyle aan ’n vertoning gewerk, en hy het gedink dat die talentvolle musikant goed by hulle groep sal inpas. Op daardie tydstip het Kyle pas begin met ’n oorsese toer van die musiekblyspel High School Musical. Hy was dus nie dadelik beskikbaar nie en toe was dit neusie verby vir hom. Nadat Joe Foster aan die einde van 2013 besluit het om sy sololoopbaan sy eerste prioriteit te maak, het daar meteens weer ’n geleentheid opgeduik en die slag het Kyle dit aangegryp. Kyle beskryf die eerste oomblik wat hy saam met die ander twee manne van ADAM gesing het as ’n “heilige oomblik”, juis omdat hulle stemme so goed bymekaar pas.
Nog ’n hoogtepunt vir ADAM is hulle verskyning in die fliek Pad na jou hart wat beslis ’n lokettreffer gaan wees. In een van die tonele in die fliek sing Adam hulle nuutste treffer, “Sal oorlog vir jou maak.” Hierdie snit se klank verskil so ietwat van die ander lekker Afrikaanse popmusiek wat hulle sing. Dis popmusiek met ’n folk inslag wat ’n mens laat dink aan die musiek van Mumford and sons. Dié liedjie is deel van verskeie radiostasies se speellys en word baie goed ontvang. Alhoewel Joe nog as lid van ADAM in hierdie rolprent te sien is, verskyn Kyle in die amptelike musiekvideo en dis duidelik dat hy uitstekend inpas by hierdie span. Alhoewel “Sal oorlog vir jou maak” ’n effens ander klank het, belowe Hugo dat ADAM nie sommer sal verander aan hulle klank nie. ’n Mens verander tog nie aan ’n wenresep nie!

Reynardt is steeds Dr. Tertius Jonker in Binneland en in die week is hy elke dag daar bedrywig. Hy en Hugo skryf die meeste van ADAM se musiek self en dis vir hulle baie lekker om mekaar as klankbord in die skryfproses te gebruik. Dit gaan nou ook goed wees om Kyle se insette te kry. Kyle het homself bewys as uitstaande akteur, sanger en danser in verhoogproduksies soos Chess – The Musical, Sunset Boulevard, Hairspray, Dirty Dancing, en Stuur Groete aan Mannetjies Roux. Hy het ook in 2009 die rol van Schalk, in Egoli vertolk. Hugo bestee baie tyd aan die skryf van nuwe musiek. Hy is ook aktief betrok
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Address
Johannesburg, , , , 2188
Telephone
0724349454
YouTube

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline