Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

Alwyn Oberholster

285.jpg
Alwyn Oberholster is in 1985 in Springs gebore en het daar groot geword. Hy woon tans in Alberton. Alwyn se passie vir musiek kom al van "klein tyd" af en het in 'n huis vol musikante groot geword. Alwyn is al twaalf jaar lank in die bedryf en is gewild onder sy ondersteuners.

Alwyn het twee GROOT belangstellings in die lewe…Musiek & Visvang!! Hy het al aan verskeie visvang kompetisies deel geneem en 'n paar keer met eerste pryse weg gestap.

In 2007 het Alwyn begin deelneem aan sang kompetisies onder andere "Supersterre, Soek die sanger, Afrikaanse Idols & Klipdrift Idols".

Alwyn is beslis 'n belewenis op die verhoog, sy suiwer stem en lyf swaai vermaak altyd en hy streef daarna om sy gehoor te beïndruk en te akkomodeer. Hy het ook al die eer gehad om die verhoog met verskeie plaaslike bekendes te deel soos Zak van Niekerk,Freddie Nest,Billy Forest,Bobby Angel,Barbara Ray,Sally Vaughn en Jody Wayne . Alwyn was deel van die 2013 Kersfees Skouspel saam met Jannie Moolman, Rina Hugo, Arina De Witt, Jay, Liza Bronner en Kobus Muller. Alwyn het ook in 2013 vir die Internasionale sang groep Smokie vermaak by hulle media partytjie tydens hul toer in Suid Afrika en dit was vir hom 'n spesiale geleentheid. Hy tree sedert 2012 op by Aardklop en in 2013 het KKNK by gekom.

Alwyn het ook tydens 2014 by RSG se Oppiwater Kunstefees opgetree met 'n "Tribute to Neil Daimond" vertoning en ook n vertoning van "Maak of Breek".

2014 beloof om 'n groot jaar vir Alwyn te wees met sy nuwe CD "Maak of Breek". Anton Botha het meeste van die liedjies geskryf en die CD opgeneem. Alwyn is baie opgewonde oor die positiewe terugvoering wat hy tot dus ver gekry het.

Hy leef vir sy musiek en dank die Liewe Vader vir sy talent en glo dat as hy sy beste gee en hard werk dat hy beloon sal word met 'n lang en suksesvolle loopbaan.

Omdat Alwyn ewe goed op verhoog as op CD klink is hy baie in aanvraag by feeste, troues, skole en korporatiewe funksies. Alwyn vind aanklank by gehore van alle ouderdomme met sy nederigheid en opregte belangstelling in sy medemens.
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Telephone
0795268515

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline