Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

Aaron Nel

40.jpg
Aaron Nel

Aaron was gebore 23 November 1977 in Groblersdal, Mpumalanga, ongeveer 25 km’s vanaf die klein plaas dorpie van Marble Hall. ‘n Boer se seun het hy groot geword op ‘n lemoen plaas in die omliggende Toitskraal . Op die ouderdom van 5 jaar oud was hy vir sy eerste Klavier les. Op die ouderdom van 10 het hy begin kitaar speel en homself begely. Na Hoer Skool op Affies in Pretoria – sy bynaam “Hammer” – en Hoer Skool Empageni, het hy musiek gaan studeer by die Tegnikon Natal, vanaf 1996 -1998.

Meeste van sy musiek loopbaan tot dusver was in Durban verwaarlik. Van daar af het hy homself by veskeie teaters ingespeel, wat die Barnyard teaters landwyd ook insluit. Verskeie noemenswaardige ervarings in die afgelope paar jaar sluit in ‘n landswwye toer saam met Melani Lowe in 2008, asook om die verhoog te deel saam met name soos Barry Hilton en Dozi. In 2011 – 2012 het hy die land getoer met sy produksie “Memoirs – the Music of Simon & Garfunkle”, wat so populer was dat verskeie teaters, vanaf Durban tot in Mosselbaai, heeltemal uit verkoop het met die populere konsep.

Met die oog om Johannesburg toe te trek in 2013, het hy begin om in sy moeder taal te komponeer. Verskeie van sy engelse komposisies is op Radio landwyd gespeel.

“My grootste bron van inspirasie is my huwelik met my vrou Andrea. As ‘n musikant se vrou moet sy opsit met tye wanneer ek lank van die huis af weg is vir vertonings - lokaal of internasionaal. Ek was vir 2 maande in Turkye in 2012, en twee liedjies is uit die ervaring uit geskryf: ‘Suide tot die Noorde’ en ‘Ek is Joune’. Met die hoeveelheid wat ek al uit die land was, besef ek ook meer en meer dat ons as Suid Afrikaners so geseend is met ‘n unieke land. Mense raak sommer jaloers as hulle met my praat oor hoe wonderlik my land is, en as ‘n Afrikaner besef ek dat ek myself op my beste in my eie Taal kan uit druk”
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Telephone
0791884499

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline