Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

Armand Hofmeyr

62.jpg
Armand Hofmeyr is op Kroonstad, 26 Augustus 1989 gebore en het op verskeie dorpies in Suid-Afrika groot geword, waarvan Alldays baie naby aan sy hart lê. Na hy sy skoolloopbaan vaarwel toe geroep het, het Armand in 2008 by Emendy Music College aangesluit om Klank ingenieurswese te swot. Hier het die gogga hom gebyt om die liedjies wat in ‘n laai lê met die kennis te verbeter.
In 2010, sluit Armand hom aan by EMI en met al die snitte uit sy eie pen, vervaardig deur Marius Brouwer neem hy sy baie suksesvolle debuutalbum, “Foto’s en briewe” op. In die wonderwêreld van musiek begin Armand in 2012 skryf aan sy tweede album “Rug teen Rug” wat weereens vervaardig is deur Marius Brouwer , en daarmee vestig Armand hom vir altyd in die harte van sy aanhangers.
2013 was ‘n jaar van toere regoor Suid-Afrika en elke klein dorpie is deurkruis en so begin Armand die mense leer ken wat sy gewildheid die hoogte laat inskiet.
Dit is 2014 en die langverwagte derde album , vervaardig deur Frans Staal produksies, “Lekkerlyf”, onder bestuur van David Gresham Record label ,is uiteindelik hier . Weereens met oorspronklike snitte uit sy eie pen bring Armand vir sy aanhangers vars klanke wat belowe om sy unieke talent te weerspiëel.
Drie gatskop-songs, wat heeldag in jou kop draai, “Kitty”, Een soen en “Tokkie” sal die voete laat juk vir die dansbaan.
Met nuutgeskepte ballades soos “ My liefling”, “Speeltyd”, “Give me some time”, en Liggies sal elke aanhanger se hartsnare roer.
Vir die jolytmakers is daar ook ‘n plek op die album met snitte soos “Koue bier en warm girls”, “Margate toe”, “Lekkerlyf”.
“To love a woman” met Steve Hofmeyr is ’n song wat mense na hulle asems gaan laat snak.
Elke liedjie is gebore uit ‘n stukkie van Armand se daaglikse lewe en met die ingebore talent van woordverwerking skryf hy meesterstukke wat verewig word in die musiekbedryf.
Armand se energie en passie is verstommend en met die fyn aanvoeling van sy aanhangers se behoeftes is dit nie verbasend dat hy stadig maar seker sy pad oop baklei in die musiek wêreld nie. Uit sy pen gaan ons vir jare nog die vreugde van nuwe werke kan verwag…
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Telephone
0729423161

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline