Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

Anton Botha

110.jpeg
110.jpeg
111.jpeg
112.jpeg
Anton Botha Band
Met die SAMA-genomineerde Anton Botha aan die stuur van sake is enige optrede onvergeetlik en sal dit almal na aan
die hart lê.
Vir meer inligting: www.facebook.com/AntonBotha.musi of www.twitter.com/AntonBotha_musi en ook
www.soundcloud.com/antonbotha Vir musiekvideos gaan na www.youtube.com/ABMusiek Albums is nou ook beskikbaar
vir digitale “download” op ITunes.
Nuutste Oorspronklike Album: Alles Of Niks
Anton Botha se splinternuwe album, Alles of Niks, wat in 2012 vrygestel is bestaan uit 15 liedjies vanuit Anton se eie pen.
Hy was ook betrokke by die produksie van die album. Die lirieke sal met jou hart praat en die ritme
sal sorg dat jou voete nie kan stil sit nie. Die liedjie Love Jou Baie het Anton spesiaal vir sy dogtertjie
geskryf. Hy het besluit om ‘n video te maak van die liedjie “Engeltjie” waarin Zetske van Pletzen
teenoor hom speel. Sy tweede video, “Naby My”, is ook onlangs opgeneem. Beide word gereeld op
televisie gespeel. Die verspreiding van die album word deur Select Musiek Distribusie behartig en is
beskikbaar by die meeste toonaangewende musiekwinkels en kan ook bestel word by www.antonbotha.com.
Nuutste Album/ Produksie: Born to be Wild
Die Anton Botha Band toer tans die land met ‘n splinternuwe projek, Born to be Wild. Hierdie skep die geleentheid vir al
die “closet rockers” om hulle staal te wys. Snitte soos Cocaine (JJ Cale), Gimme all your Lovin’ (ZZ
Top) en Fat Bottom Girls (Queen) sal verseker dat jy die hele aand sal saamsing, “air-guitar”speel en
saam dans. Die Anton Botha Band maak seker om hulle eie unieke afdruk op hierdie legendes se
musiek te plaas. Dit neem die gehoor op 'n reis na 'n vergete tyd, 'n tyd van inry-fliek en die gebrul
van V8-enjins.
Wat om te verwag in 2014:
Anton is tans besig met ‘n baie opwindende projek waarby oud en jonk sal aanklank vind. “My grootword liedjies, my
volksbesit” gaan ‘n album propvol ou gunstelinge wees. Almal van sussie tot oupa gaan saam met
hierdie album sing. Liedjies wat jy al vergeet het soos “Saai die waatlemoen”, “Aanstap Rooies” en
“Boesmanland” sal jou laat terug dink aan jou lekkerste kinderdae herinneringe. ‘n Ware album vir oud
en jonk.
Die Anton Botha Band gaan ook poog om hulle nuwe konsep album, “I’ll be your substitute” in
2014 vry te stel. Hulle is tans besig om die speellys bymekaar te sit. Met treffers soos “Save me” -
Clout , “Ironic”- Alanis Morisette en “Dreams” - Cranberries gaan dit beslis ‘n moet-kry-cd wees.
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Telephone
0764806775

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline