Sound | Lighting | Stage | AV | Recording | Entertainment

Clover Aardklop

85.jpg
7 - 11 Oktober 2014









Clover Aardklop GRATIS loodskonsert 31 MEI 2014 by The Roots, Potchefstroom

Kom kuier saam op 31 Mei 2014 by The Roots, Potchefstroom wanneer ons die 2014 terrein-musiek-program aan julle bekendmaak.
Vermaak heeldag op die kykNET dagverhoog, Kindervermaak en topgehalte Musiekkonserte elke aand op die Clover Musiekverhoog.

ONTHOU jou kaartjie sluit terrein toegang sowel as toegang tot al die vermaak op die terrein deur die dag en die konsert elke aand in.
Slegs op 31 Mei 2014 by The Roots en die Clover Aardklop kantoor kan jy 'n weekkaartjie vir net R150 kry - NET VIR EEN DAG!

31 MEI THE ROOTS, POTCHEFSTROOM

10:00 tot 22:00
Kunsmark stalletjies asook ‘n verskeidenheid kos te koop. Die kroeg is ook oop van 10 tot 10.
11:00 Tjiff en Tjaff
17:00 Rugby groot skerm (Lions vs Bulle)
19:00 Karlien van Jaarsveld, Manie Jackson, Pieter Koen, Cambells, Amoré en Wynand & Cheree


Kom koop jou spesiale Clover Aardklop weekkaartjie teen slegs R150.00 beskikbaar by The Roots en die Clover Aardklop kantoor – SLEGS BESKIKBAAR 31 Mei 2014

Wie is ons
Ontstaan van Aardklop
'n "Vreemde" woord word 'n volwaardige kunstefees

Die algemene geloof is dat elke kunstefees oor 'n glasie of twee bedink en beklink word. En só was dit beslis met Aardklop.

Op 26 September 1996 is 'n byeenkoms op Stellenbosch gehou waar amper in lighoofdige geesdrif oor 'n noordelike fees gedroom is. Met verloop van tyd en heelwat glasies later is daar besluit op Potchefstroom, wat die ja-woord gegee het, en die datum van die eerste fees was vasgepen vir die lente van 1998.

Met Neil van Heerden as voorsitter, wat gesê het dit moet uit huis uit 'n Afrikaanse fees wees met sy deure en vensters oop na buite, is Giep van Zyl nader gehark as feesbestuurder.

Reklameman Ian Bekker het die woord "Aardklop" opgetower - 'n woord wat hoegenaamd geen eensgesinde akkoord van die stigtersdireksie ontvang het nie. Die een het gesê dit is afgryslik, 'n ander het dit snaaks gevind en party het gemeen dis te vreemd, maar uiteindelik het dit met 'n oorweldigende meerderheid gewen. Meer as 15 000 het die eerste fees bygewoon en deesdae staan die besoekersgetalle op 'n stewige 150 000.

Getrou aan Aardklop se missie "om 'n toonaangewende, toeganklike en volhoubare kunstefees van gehalte aan te bied", word daar jaarliks waagmoedig nuwe, opwindende produksies aangebied, terwyl die vermaaklike en klassieke aspek hoegenaamd nie afgeskeep word nie.

As een van die drie grootste kunstfeeste in die land het Aardklop 'n volwaardige handelsmerk geword en die "vreemde" woord lê nou gemaklik op almal se tong.
Rate this listing
0 vote

Listing Details

Telephone
+27 (0) 18 294 7509
Fax
+27 (0) 18 294 7504

Need help? Complete the form and we will contact you.







 
"Your Partner in World Class
Event Experiences"

Our services include:
- Sound & Lighting Hire
- Stage design
- Artist Management
- Recording Studio
- Audio Visual
- Backline